DIE "EK WEET NIE" VAN AFTREDE
EK WEET NIE ... Ek is nou in die derde maand van my aftrede. Ek hoor gereeld dat die eerste ses maande die “wittebroodfase” is—’n tyd waarin jy hierdie nuwe hoofstuk en seisoen met oorgawe geniet. Daar is skielik hope vrye tyd, minder verantwoordelikhede, en die geleentheid om net te wees. Op hierdie stadium beskou ek myself as bevoorreg, want ek reis lig. Tog bring hierdie reis ook groot bekommernisse. My finansies laat my nie toe om ’n plek van my eie te huur nie. Ek maak staat op ander vir vervoer, aangesien ek al meer as twee jaar nie ’n motor besit nie. Ek is werkloos. Die toekoms lyk soms donker. Wat nou? Waarheen nou? As ek my rasionele denke toelaat om oor te neem, sien ek net die slegste moontlike uitkomste. Ek my moet regmaak vir die ergste—dat ek dalk haweloos, hulpeloos en reddeloos kan eindig. Dit is my waarheid op hierdie oomblik—hoe ek voel en dink. Ek erken: ek is bang, moedeloos, magteloos en bekommerd. Hierdie emosies trek my af. Dit maak my depressief, laat my terugt...