Plasings

DIE "EK WEET NIE" VAN AFTREDE

Prent
EK WEET NIE ... Ek is nou in die derde maand van my aftrede. Ek hoor gereeld dat die eerste ses maande die “wittebroodfase” is—’n tyd waarin jy hierdie nuwe hoofstuk en seisoen met oorgawe geniet. Daar is skielik hope vrye tyd, minder verantwoordelikhede, en die geleentheid om net te wees. Op hierdie stadium beskou ek myself as bevoorreg, want ek reis lig. Tog bring hierdie reis ook groot bekommernisse. My finansies laat my nie toe om ’n plek van my eie te huur nie. Ek maak staat op ander vir vervoer, aangesien ek al meer as twee jaar nie ’n motor besit nie. Ek is werkloos. Die toekoms lyk soms donker. Wat nou? Waarheen nou? As ek my rasionele denke toelaat om oor te neem, sien ek net die slegste moontlike uitkomste. Ek my moet regmaak vir die ergste—dat ek dalk haweloos, hulpeloos en reddeloos kan eindig. Dit is my waarheid op hierdie oomblik—hoe ek voel en dink. Ek erken: ek is bang, moedeloos, magteloos en bekommerd. Hierdie emosies trek my af. Dit maak my depressief, laat my terugt...

Vrees jy die omhelsing van “die nou” in aftrede?

Prent
  Vrees jy die omhelsing van “die nou” in aftrede? Aftrede klink vir baie mense soos ’n droom: meer tyd, minder druk en uiteindelik rus. Tog bring hierdie nuwe fase vir baie mense ook iets anders – ’n vreemde stilte en soms selfs vrees. In my vorige artikel het ek geskryf oor hoe ons “die nou” van aftrede kan omhels. Vandag wil ek fokus op iets waaroor ons minder praat: die vrese wat ons dalk daarvan weerhou om hierdie nuwe fase van ons lewe met oop arms te verwelkom. Wie van ons het nie al gehoor hoe mense sê: “Hy of sy probeer nou weer jonk bly” wanneer iemand ná aftrede besluit om iets nuuts aan te pak nie? Jy begin skilder- of pottebakkerklasse bywoon, jy leer ’n nuwe sport, of jy besluit om tegnologie beter te verstaan. Maar as jy leer as ’n lewenslange proses beskou, doen jy dit nie om jonk te bly nie. Jy doen iets baie meer fundamenteel: jy erken dat jy nog ’n mens in wording is – iemand met wie die Here nog nie klaar is nie. Jy gee jouself toestemming om te groei en t...

"I don't want to retire FROM something. I want to retire TO something."

Prent
Omhels "DIE KRAG VAN NOU" tydens jou aftrede. Ek het so pas afgetree en besluit om my meubels te stoor en vir ses maande net eers die kat uit die boom te kyk voordat ek besluit waar ek myself wil vestig en wat ek nou eintlik met my lewe wil maak. Dit is nogal angswekkend - veral as jy nie die nodige finansies het om sommer net leeg te lê nie. Ek is nou in die vyfde week van my sabbatsreis. Die verlies aan my professionele identiteit het my soos 'n sneltrein getref. Vier dekades lank het ek 'n titel gehad, verantwoordelikhede, my eie huishouding, studies en leerders wat op my staatgemaak het - en toe skielik was ek net... iemand. Het jy al gevoel dat jy in jou nuutgevonde vryheid verdrink? Ek sê vir my kinders dat dit 'n vryheid is wat my bang maak - geen verant woorde lik hede meer nie. Die kinders is groot, ek is enkellopend, ek het nie meer 'n huishouding om na om te sien nie en ook nie meer 'n werk nie. Gelukkig hou ek baie van lees en dit is waar ek di...